Brei sloffies vir die winter

Foto: Vrouekeur – Andrea Caldwell

Hier is nog ’n (baie maklike) patroon vir oulike sloffies wat jy vir die winter kan brei

Deur: Christa Swanepoel

Afkortings

ms – mossteek; r – regs; R(V)K – regte verkeerde) kant; r2tes – regs 2 steke tesame; vmeer – vermeerder

LEES OOK: Brei pantoffels in een stuk

Grootte

Pas voet van sowat 20(22; 24; 26) cm

Aanwysings

Met 5,5 mm—naalde stel 23(27; 27; 29) ste open werk in rs tot werk sowat 15,5(17,5; 19,5; 22,5) cm lank is, of so lank soos voet, eindig met VK-ry.

Vlg ry: r1, (r2tes) tot einde. 12(14;14;15) ste.

Werk 3 rye rs.

Vlg ry: *r4(5; 5; 3) r2tes, herh van * 2(2; 2; 3) keer. 10(12; 12; 12) ste.

Vlg ry: r.

Vlg ry: (r2tes) tot einde.

Knip draad lank af, ryg deur oorbl ste, trek styf en werk vas.

LEES OOK: Hekel handskoene & pantoffels

Om te voltooi

Werk naat agter toe en werk van voor af sowat ‘n derde toe.

Indien verkies, maak tossel en werk bo-op vas.

Send this to a friend