Sukkel jy met sinus?

Ons kyk na ’n paar kure wat die natuur ons bied teen sinus

Deur: ZERELDA ESTERHUIZEN

1 Knoffel

Kook water in ‘n pot op die stoof. Sodra dit begin kook, voeg fyngekapte knoffel daarin. Verwyder van hitte en asem die stoom in. Dit verdun glo die mukus.

2 Asyn en heuning

Gooi ‘n bietjie appelasyn en heuning in ‘n glas warm water. Drink dit twee tot drie keer ‘n dag om sinusinfeksie te verlig.

3 Sitroen

Kook ‘n paar sitroenkruidblare in water vir ongeveer tien minute. Gooi dit deur ‘n sif en gorrel daarmee.

LEES OOK: Vreemde boererate

4 Borrie

Gooi gereeld borrie by kos. Dit kan glo help vir verligting.

5 Bloekomolie

Gooi ‘n druppel bloekomolie op ‘n lappie en asem dit nou en dan in. Jy kan dit ook op jou kussings gooi.

6 Uie

Kook stukkies ui in ‘n pot met water vir ongeveer 5 minute. Asem dit vir ‘n paar minute in.

LEES OOK: Vroue, hul lywe en seks

7 Gemmer

Sny gemmer in dun stukke en gooi dit in kookwater vir tien minute. Sif en drink as tee.

8 Bromelien

Bromelien word in pynappels gekry, en is ook in aanvullings beskikbaar. Dit wil voorkom asof dit kan help om veral swelling in die neusgang te verminder.

9 Drink baie water

As ‘n mens baie vloeistowwe inneem, hou dit jou sinusse vogtig. Pasop vir te veel kafeïen- of alkoholiese drankies aangesien dit jou weer dehidreer.

10 Eet kos met skop

Kos met skerp smake soos mosterd, warmrissies, kerrie, peperwortel en wasabi kan sinusse oopmaak.

11 Groentee

Groentee is antibakteries en groentee-ekstrak word ook in talle aanvullings aangetref.

BRONNE: www.everydayhealth.com, www.naturallivingideas.com

Send this to a friend