10 vinnige vrae aan Elizma Theron

As daar iets is waarsonder Elizma Theron nie kan lewe nie, is dit haar Bybel en GPS. Vind meer uit oor hierdie week se voorbladvrou in ons “10 vinnige vrae”.

1. Wat is die beste raad wat jy al gekry het?

Moenie probeer perfek wees nie, dis vervelig!

2. Wat is jou gunstelingkos?

Braaivleis en krummelpap

3. Gunstelingfliek?

The Notebook.

4. Gunsteling-TV-reeks?

The Blacklist

5. Gunstelingkleur

Blou

6. Gunstelingplek om na te reis?

Botswana – ek wil nog Kenia toe gaan.

7. Wat wou jy geword het toe jy klein was?

Sangeres, danser, model, aktrise of ‘n wildbewaarder!

8. Wat krap jou om?

As mense die swartskaap onderskat.

9. Vertel ons ’n interessante feit oor jouself?

Ek dra kontaklense. Ek dra my man se kouse – ek besit geen!

10. Wat is een ding waarsonder jy nie kan lewe nie?

My Bybel en my GPS.

Loer in die galery na nog foto’s van haar voorbladfotosessie

Send this to a friend