Brei ’n koel kombersie in katoen | Vrouekeur

Brei ’n koel kombersie in katoen

Die sagte kleure en mooi patroontjie maak hiervan ’n pragtige koel kombersie

Deur Christa Swanepoel

Moeilikheidsgraad: **

Wat het jy nodig?

  • KARTOPU BAMBU SAKURA (100 g) 3 balle Wit K010 en 2 balle Liggeel K331
  • 4 mm-sirkelnaald
  • 4 mm-naalde

Afkoritngs

  • aw – aweregs
  • herh – herhaal
  • r – regs
  • rs – reksteek
  • r4onder – regs in 4de steek ondertoe en trek met jou vinger steke bo dit los sodat dit lusse vorm

Grootte

Ongeveer 80 cm breed en 70 cm lank

Patroonsteek

Oor veelvoud van 4 plus 3
1ste ry (VK): aw.
2de ry: r
3de ry: aw.
4de ry: r
5de ry: aw.
6de ry (met 2de kleur): r3, *r4onder, r3, herh van * tot einde.
7de ry: aw.
8ste ry: r.
9de ry: aw.
10de ry: r.
11de ry: aw.
12de ry (met 1ste kleur): r1, *r4onder, r3, herh van * tot laaste 2 ste, r4onder, r1. Herh 1ste tot 12de ry tot verlangde lengte. Aanwysings Met wit stel 141 ste op en werk 4 rye in rs.
Vlg ry: r5, glip hierdie 5 ste op haakspeld, heg geel en r tot laaste 5 ste, draai en glip laaste 5 ste op haakspeld (5 ste weersk vir rand en 131 ste tussenin vir patroon). Begin met patsteek en herh tot sowat 70 cm, eindig met liggeel met VK-ry, breek draad af maar hou steke op naald. Met 4 mm- reguit naalde en RKV heg wit aan laaste 5 ste en werk in rs tot so lank soos patroongedeelte as dit effens gestrek word. Met regte kante opmekaar, werk rand vas tot bo en glip 5 steke op spaarnaald of steekhouer. Heg wit aan eerste 5 ste en werk in rs tot so lank soos patroongedeelte as dit effens gestrek word, eindig met VK-ry. Met regte kante opmekaar werk vas tot bo.
Vlg ry: r oor 5 ste, bind geel se los draad aan wit vas en gaan voort met wit oor middelste 131 geel steke en oor laaste 5 wit ste. Werk 4 rye in rs. Heg af.

Om te voltooi

Lê kombersie plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.

Send this to a friend