Brei ’n tuniek | Vrouekeur

Brei ’n tuniek

Met hierdie heerlike katoengaring en maklike patroon brei jy in ’n kits vir jou so ’n mooi tuniek

Deur CHRISTA SWANEPOEL Foto ANDREA CALDWELL

Wat het jy nodig?

3 (dalk 4) balle ELLE Cotton On (250 g) in Natural

4,5 mm-naalde

Afkortings

aw – aweregs; r – regs, r2tes – regs 2 ste tesame; rs – reksteek (Elke ry regs)

Wenke

  • Dis maklik om die tuniek in groter groottes te brei. Werk jou spanning uit. Elke ongeveer 16 steke is 10 cm.
  • Meet hoe breed jy jou voor- en agterpant wil hê en sit steke daarvolgens op. Brei dit ook so kort of lank as wat jy dit wil hê en hol hals uit soos aangedui.
  • Die moue is redelik wyd, maar jy kan ook daarvoor meer steke opsit en vermeerder soos aangedui tot verlangde breedte en lengte.

Grootte

Die top sit los en pas medium-grootte

Aanwysings

AGTERPANT

Met 4,5 mm-naalde stel 96 ste op en werk in rs tot werk 63 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: r35, draai, werk nou net oor hierdie 35 ste.
Vlg ry: heg 1 st af, r tot einde. 34 ste.
Vlg ry: heg 8 ste af, r tot einde. 26 ste.
Vlg ry: heg 1 st af, r tot einde. 25 ste.
Vlg ry: heg 8 ste af, r tot einde. 17 ste.
Vlg ry: heg 1 st af, r tot einde. 16 ste.
Vlg ry: heg 8 ste af, r tot einde. 8 ste.
Vlg ry: r
Vlg ry: heg 8 ste af.
Met RKV, glip 26 ste op steekhouer, heg draad aan oorbl 35 ste en r tot einde.
Vlg ry: heg 8 ste af, r tot einde. 27 ste.
Vlg ry: heg 1 st af, r tot einde. 26 ste.
Vlg ry: heg 8 ste af, r tot einde. 18 ste
Vlg ry: heg 1 st af, r tot einde. 17 ste.
Vlg ry: heg 8 ste af, r tot einde. 9 ste.
Vlg ry: heg 1 st af, r tot einde. 8 ste.
Vlg ry: heg 8 ste af.
VOORPANT
Werk soos gegee vir agterpant tot sowat 59 cm, eindig met VK-ry.
Vlg ry: r37, draai.
Vlg ry: heg 2 ste af, r tot einde. 35 ste.
Vlg ry: r.
*Vlg ry: r2tes, r tot einde. 34 ste.
Vlg ry: r.
Herh laaste 2 rye nog 2 keer. 32 ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot voorpant so lank is soos agterpant tot by skouervorming, eindig met VK-ry (skouerkant).
Vlg ry: heg 8 ste af, r tot einde. 24 ste.
Vlg ry: r.
Herh laaste 2 rye nog 2 keer.  8 ste.
Vlg ry: heg 8 ste af.
Met RKV glip 18 ste op steekhouer, r tot einde. 37 ste.
Vlg ry: r tot einde.
Vlg ry: heg 2 ste af, r tot einde. 35 ste.
Vlg ry: r.
Voltooi soos eerste skouer vanaf *, maar speëlbeeld daarvan.
MOUE (dieselfde)
Met 4,5 mm-naalde stel 46 ste op en werk 6 rye in rs.
Vlg ry: vmeer 1 st aan weersk van ry.
Gaan voort in rs en vmeer 1 st aan weersk elke 8ste ry tot sowat 78 ste. Gaan voort sonder om te vorm tot mou 49 cm lank is, of lengte verlang. Heg af.
HALS
Met regte kante opmekaar werk regterskouernaat toe. Met RKV tel op en r 74 ste om hals. Werk 3 rye in 1×1-rif. Heg in rif af.

Om te voltooi

Met regte kante opmekaar werk lin­kerskouer- en halsnaat toe. Vou moue lengtegewys in die helfte, plaas vou op skouernaat en werk in posisie. Werk mou- en synate toe.

Send this to a friend