Brei feestydplekmatjies

Met lekker dik breidraad en penne kan jy sommer gou ’n stel plekmatjies vir die feestafel brei

Deur CHRISTA SWANEPOEL

Moeilikheidsgraad: *

Wat het jy nodig?

  • Charity Chunky in White, Red en Tiger Lime, maar jy kan enige Chunkybreidraad gebruik
  • 5,5 mm-naalde

Mate

Ongeveer 28 cm x 48 cm (sonder tossels)

Brei-inligting

  • Jy het altesaam 85 g (wit, rooi en groen) vir elke plekmatjie nodig
  • Die plekmatjie word in reksteek gebrei.
  • Wissel kleure elke 2, 4, 6 of 8 rye af soos verkies.
  • Dek die plekmatjie met die “verkeerde kant” na bo.

Afkortings

rs – reksteek

Aanwysings

Begin met enige kleur, stel 40 ste op en werk deurgaans in rs en wissel kleure af soos verkies tot plekmatjie sowat 42 cm lank is. Heg af.

Om te voltooi

Knip lengtes van 10–12 cm van al drie kleure. Gebruik een van elke kleur saam en maak ’n tossel in elke tweede steek op kort kante van plekmatjie. Knip dit netjies gelyk.

Send this to a friend