Waarom voorkomende siftingstoetse ’n prioriteit moet wees

Ons het almal al die sêding gehoor: “Voorkoming is beter as genesing.” Dit is ook die eenvoudiger, meer bekostigbare en doeltreffendste opsie.

Waarom stel ons dit dan dikwels uit om vir gesondheidsiftingstoetse te gaan?

“Die uitslae van net ’n paar belangrike siftingstoetse kan help met die vroeë opsporing van siektes, soos diabetes, hoë bloeddruk en kanker. Dit kan weer lei tot voorkomende maatreëls of meer suksesvolle behandeling, wat onberekenbare waarde in tyd, geld en lewensgehalte kan hê,” sê Deepak Patel, kliniese spesialis by Discovery Vitality.

LEES OOK: Sleg vir die hart?  

In verskillende stadiums van ons lewe prioritiseer ons hierdie drie faktore verskillend – en oor die jare vereis jou werk, huwelik, kinders en persoonlike doelwitte verskillende dele van jou tyd en hulpbronne. Om goeie gesondheid te handhaaf, beteken dat daar meer van onsself is om aan die dinge en mense te gee waarvoor ons die meeste omgee, ongeag watter stadium van ons lewe ons is.

Aanbevole voorkomende siftingstoetse vir vroue – oor tyd:

In elke dekade is dit belangrik om voorkomende gesondheidsmaatreëls te tref, maar die risiko neem met ouderdom toe. Dit is dus belangrik om goeie gesondheidsgedrag ’n prioriteit te maak sodat jy so lank as moontlik gesond kan bly.

Hier is ’n lys aanbevole siftingstoetse vir vroue van alle ouderdomme.

Ouderdom

Aanbevole siftings- of voorkomende maatreëlsHoe gereeld

Beste gesondheidswenke vir vroue in elke lewenstadium

20’sPapsmeerEen keer elke drie jaarAs jy seksueel aktief is, moet jy jou liggaam beskerm. Gesels met jou maat oor hoe om seksueel-oordraagbare siektes en ongewenste swangerskappe te voorkom. Kry ’n inenting teen HPV (menslike papilloomvirus) om jou teen moontlike servikale kanker te beskerm.

Jou twintigerjare is ook ’n goeie tyd om die grondslag vir gesonde eetgewoontes te lê. Eet minder gemors- en kitskos en leer kookvaardighede aan wat jou tyd bespaar wanneer die lewe besiger raak in jou dertigerjare.

Tandheelkundige ondersoekEen keer per jaar
MIV-toetsEen keer per jaar
GriepinentingEen keer per jaar
Griepinenting(Indien nie gedoen nie)
30’sPapsmeerEen keer elke drie jaarAs jy swanger is (of wil raak), drink ’n daaglikse aanvulling wat 0,4 tot 0,8 mg (400 tot 800 µg) foliensuur bevat en eet ’n dieet wat ryk is aan kalsium – suiwelprodukte is die beste bron van kalsium.

Maak goeie voeding deurgaans ’n prioriteit en maak tyd om gesonde kos te kook en te eet.

Dit is ook belangrik om jou teen griep te laat inent. As jy swanger is, verminder dit die risiko dat jou baba binne sy eerste ses maande griep sal kry.

 

Tandheelkundige ondersoekEen keer per jaar
MIV-toetsEen keer per jaar
GriepinentingEen keer per jaar
40’sPapsmeerEen keer elke drie jaarServikale kanker is baie voorkombaar en behandelbaar as dit vroeg opgespoor word. Dit is dus ’n goeie idee om vir ’n siftingstoets vir servikale kanker te gaan.

 

Jy kan die gewone tydsverloop van drie jaar tussen Papsmere na vyf jaar strek deur ’n HPV-toets saam met jou Papsmeer te doen.

 

Vroue in hul veertigerjare behoort met hul dokter te gesels oor wanneer om met siftingstoetse vir borskanker te begin en hoe gereeld hulle ’n mammogram moet kry. Die ouderdom waarop jy moet begin, hang van jou familiegeskiedenis en jou risikoprofiel af.

Tandheelkundige ondersoekEen keer per jaar
MIV-toetsEen keer per jaar
GriepinentingEen keer per jaar
50’sPapsmeerEen keer elke drie jaarBorskanker-siftingstoetse beteken jy moet jou borste ondersoek vir moontlike kanker, voordat daar enige tekens en simptome van die siekte is.

 

Baie deskundige organisasies beveel aan dat jy elke twee jaar ’n mammogram moet kry as jy tussen 50 en 74 jaar oud is en ’n gemiddelde risiko vir borskanker het.

 

Om jou algehele gesondheid te verbeter, bly aktief en doen drie keer ’n week spierversterkingsoefeninge met losgewigte of rekke.

Tandheelkundige ondersoekEen keer per jaar
MIV-toetsEen keer per jaar
GriepinentingEen keer per jaar
Siftingstoets vir gloukoomEen keer per jaar
MammogramEen keer per jaar
KolonoskopieEen keer elke tien jaar
60’s en daarnaPapsmeerEen keer elke drie jaarJaarliks lei duisende ouer mense aan ernstige gesondheidsprobleme as gevolg van siektes waarteen hulle ingeënt kan word, soos gordelroos, griep en pneumokokkus. Gesels met jou dokter om te hoor watter entstof vir jou aanbeveel word.

 

Vra jou dokter ook oor vitamien D-aanvullings om jou bene te versterk. Om jou risiko vir ’n val te verminder, doen elke week minstens 150 minute se aërobiese oefening teen ’n matige intensiteit (soos vinnig stap).

Tandheelkundige ondersoekEen keer per jaar
MIV-toetsEen keer per jaar
GriepinentingEen keer per jaar
Siftingstoets vir gloukoomEen keer per jaar
MammogramEen keer per jaar
KolonoskopieEen keer elke tien jaar
OogtoetsEen keer per jaar
Inenting teen pneumokokkusEen keer per jaar
Inenting teen gordelroosEen keer per jaar

Onthou, ongesonde gewoontes kan jou inhaal as jy nie seker is wat jou gesondheidstatus is nie. Kom hierdie afsprake na om op hoogte te bly van jou gesondheid sodat jy vroeg kan optree, indien nodig.

Send this to a friend