Chalk paint: Herwin blikke | Vrouekeur

Chalk paint: Herwin blikke

Doen jou deel teen die besoedeling van die aarde en herbenut leë blikkies wat op die ashoop gaan beland. Dié projek gaan jou net ’n bietjie verf en tyd kos, want die blikke kan jy bymekaarmaak. Hier is die stappe om die blikke te verf

Deur Eldaleen Hugo

Ek is ’n ywerige herwinner en herbenutter en sit elke week getrou drie sakke met papier, bottels en plastiek op die sypaadjie om na herwinningsdepots geneem te word. Blikke het ook altyd in die sak met plastiek beland, maar deesdae herbenut ek dit. As jy kreatief dink, is daar soveel wat jy daarmee kan doen en dis boonop oulike presente om te gee sonder om jou sak te ruk. Die moontlikhede is oneindig – hier is net ’n paar idees.

Ek is gaande oor Granny B’s Old Fashioned Paint en hier kan jy sien hoe maklik dit ook op ’n metaaloppervlak werk

Verfmengsels

  • Stone Grey* = Chocolate Cake + Grainsack + Mushroom (gelyke hoeveelhede)
  • Kalimera Blue** = Bubble-gum Milkshake + Blueberry Pie + Blue Bajou + Icicle Blue + Midnight Blue + Purple Reign (gelyke hoeveelhede)
  • Grey Green*** = Icicle Blue + Teacup Green + Grainsack (gelyke hoeveelhede)

Blou en groen blikke

  1. Teacup Green
  2. Icicle Blue
  3. Peppermint Twist
  4. Blueberry Pie
  5. Blue Bajou
  6. Sea Green
  7. Bubblegum Milkshake
  8. Tropical Cocktail

Blompotblik

Beach Sand met Black Betty Linte met Armour gedécoupage

Reënboogblikke

  1. Daffodil
  2. Sweet Sylvi
  3. General Lee
  4. Purple Reign
  5. Red Heart Love
  6. Poison Ivy
  7. Lavender Dream
  8. Cotton Candy

Klipblikke

  1. Mushroom
  2. Hurricane
  3. Olive Charm
  4. Buttermilk
  5. Overcast
  6. Beach Sand

Hippieblik

Lavender Dream Stensilwerk: Daffodil, Icicle Blue, Cotton Candy

Kruieblikke

Lavender Dream-liggies gedroogborsel met Kalimera Blue**

Hangblikke

Grey Green***

Tydskrifblik

Beach Sand en Stone Grey*

Breiblik

Beach Sand met Teacup Green binne en op die boonste rand Lint met Armour gedécoupage

Wenke

  • Moenie water direk in die blik sit as jy dit as ’n blompot gebruik nie sit ’n glasie of plastiekhouer binne-in die blik, want dit help teen roes en mettertyd kan ’n blik waterdigtheid verloor
  • Verf minstens twee lae verf op en seël met Granny B se Armour aan die einde, selfs al seël jy deur die proses
  • Verf en seël die binne- en onderkant van ’n blik dit beskerm die blik teen water as jy daarin plant

Verfprodukte deur Granny B’s Old Fashioned Paint geborg. Kontak Yolande Terblanche (082 448 7117) om uit te vind waar jy die verf kan koop of besoek hul webwerf www.grannyb.co.za of Facebook, Granny B’s Old Fashioned Paint.

Send this to a friend