Chalk paint: Stensil ’n barokspieël

Om van iets ouds in jou huis iets nuuts te maak, is kreatief en terapeuties. Die lekker is dat jy nie ’n Velázquez, Rembrandt of Vermeer hoef te wees nie – met verf en stensils kan jy steeds skep. Hier is die stappe om ’n barokspieël te stensil

Deur Eldaleen Hugo

Voor

Hierdie spieël het lank in ’n badkamer gehang, maar moes plek maak vir ’n ander een. Ek het lank gewik en geweeg watter styl ek die spieël wou maak en het op ’n ryk en dramatiese barokstyl besluit. Die kleure van Granny B’s Old Fashioned Paint wat ek gebruik het, is die volgende:

Oraloor

Ek het Black Betty oor die oorspronklike swart geverf en toe met Granny B se Armour geseël voor ek met die stensilverf begin het.

Stensilverf

Die hoeke van die spieël het ek eers met Red Heart Love gestensilverf en toe met Bronze Liquid bo-oor baie liggies gedroogborsel. Vir die ander fyner stensilverf het ek net Bronze Liquid gebruik. Ek het doelbewus die fyner stensilverf plek-plek dowwer gedoen en laat vervaag.

Afronding

Die kante het ’n fyn lyntjie Bronze Liquid vir definisie gekry en die spieël is met Granny B se Armour geseël.

Wenk

Party mense doen stensilverf deur die verf liggies met die stensilkwas op te druk. Ek verkies om die stensilkwas liggies in die verf te druk en dan op ’n waslap droog te druk en dan met ligte sirkelbewegings te verf – dit gee ’n effek van poeierverf

Na

Verfprodukte deur Granny B’s Old Fashioned Paint geborg. Kontak Yolande Terblanche (082 448 7117) om uit te vind waar jy die verf kan koop of besoek hul webwerf www.grannyb.co.za of Facebook, Granny B’s Old Fashioned Paint.

Send this to a friend