Ja, jou foon is ’n spioen | Vrouekeur

Ja, jou foon is ’n spioen

Slimfone is vandag amper te slim en baie mense wonder wat hul fone regtig van hulle kan verklap …

Saamgestel deur IZETTE BLIGNAUT

Jy stuur gou ‘n produk vir ‘n vriendin of google ‘n nuwe produk en die volgende oomblik is daar ‘n advertensie vir die produk op jou foon … Vreemd, nè?

Navorsers aan die North Eastern-universiteit in Amerika het studies gedoen om te kyk of ons selfone aktief na ons luister en selfs stemopnames aan adverteerders stuur.

Gelukkig was daar geen bewyse daarvan nie. Volgens die navorsers spioeneer fone wel op ons, maar “op ‘n baie spesifieke manier”.
Die navorsers kon nie bewyse vind dat ons fone se toepassings die mikrofoon kan aansit en ‘n opname kan stuur nie. Hulle het wel uitgevind dat party toeps skermopnames en skermgrepe vir derde partye stuur. Hierdie opname het 17 260 toeps ondersoek.

“Ons studie openbaar klomp belangrike privaatheidrisiko’s in die Android-toepstelsel. Toeps wat op onverwagte maniere foto’s of video’s stuur, of data en inligting versprei sonder die gebruiker se toestemming,” sê die navorsers.

“Daar is al skermgrepe gevat en opgelaai sonder dat die gebruikers daarvan bewus is. Toestemming is nie nodig om skermopnames te versprei nie, maar dit skend mense se privaatheid. Hierdie toeps monitor die gewoontes van foongebruikers en stuur dit dan aan derdeparty-adverteerders.”

Hierdie artikel het eerste op www.businessinsider.co.za verskyn

Send this to a friend