Klein dingetjies, groot resultate | Vrouekeur

Klein dingetjies, groot resultate

Ons almal wil ons lewe verbeter, maar nie almal het die tyd of geld vir groot ingrypende veranderings nie. Gelukkig is daar klein dingetjies wat jou gemoed kan opkikker

Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN

  1. Beplan jou dag in die oggend. Organisering laat ‘n mens beter en meer in beheer voel. Gebruik ‘n dagboek en maak seker dat die dag jou nie oorweldig nie.
  2. Geniet ‘n ontbyt sonder om tussendeur te werk of na jou foon te loer.
  3. Glimlag vir jouself in die spieël en gee jouself sommer ‘n kompliment ook.
  4. Lees vir minstens 15 minute.
  5. Hou stiltetyd of mediteer vir 10 minute.
  6. Gesels met ‘n vriend of familielid.
  7. Neem ‘n foto van die dag.
  8. LEES OOK: Help, ek verdrink in die werk!
  9. Skryf neer wat jou gelukkig maak.
  10. Skryf neer wat jou ongelukkig maak en wat jy daaraan kan doen.
  11. Gee vir iemand ‘n drukkie.
  12. Probeer ‘n bietjie oefening inwerk, al is dit net om die trappe by die werk te klim.
  13. Laai vir jou ‘n toep af wat jou motiveer.
  14. Koop vir jou iets gesonds om te eet.
  15. Kry vir jou ‘n droom. Wil jy oorsee reis? Plak vir jou foto’s van die plek op by jou lessenaar.
  16. Los vanaand die wasgoed en sit net ‘n bietjie en ontspan. Drink ‘n glas wyn en dink oor jou dag.

Send this to a friend