Eksamen: Hoe onthou ek beter?

Dis die tyd van die jaar wat eksamens geskryf word. Hier is ‘n paar wenke om beter te onthou

  1. Verduidelik dit wat jy geleer het. As jy ‘n moeilike begrip moet leer, maak asof jy dit aan ‘n klas verduidelik. Doen dit hardop.
  2. Maak assosiasies. Dit laat jou dinge makliker onthou. Byvoorbeeld: ‘n Attributiewe byvoeglike naamwoord is as die byvoeglike naamwoord voor die selfstandige naamwoord staan. Mooi man. Attributief begin met ‘n a en is die eerste alfabetletter. Nou het jy die assosiasie van die a wat eerste kom en weet jy dis die byvoeglike naamwoord wat eerste kom.
  3. Maak diagramme. As mens iets neerskryf, onthou jy dit makliker en as jy prentjies teken gaan jou brein heel moontlik daardie prentjie in eksamentyd onthou.
  4. Kyk na ‘n dokumentêr of YouTube-video vir groter klarigheid oor die onderwerp. Google dit.
  5. Maak flitskaarte om sekere begrippe makliker te leer.
  6. Neem gereelde studiebreuke want jou brein kan net so lank konsentreer.
  7. Daar is sekere musiek wat jou beter help swot. Loer hier: https://www.goconqr.com/en/examtime/blog/music-for-studying/
  8. Werk ou vraestelle uit.
  9. Kry genoeg rus die aand voor die vraestel en eet ‘n gesonde ontbyt.
  10. Sorg dat jou werksruimte netjies is. As dit ongeorganiseerd is, gaan jy sukkel om te konsentreer.
  11. Gebruik die eerste letters van lang vrae se antwoorde om ‘n rympie te maak.
  12. Probeer om inligting te laat rym om dit makliker te onthou.
  13. Maak vir jou ‘n storie op om sekere feite te onthou.
  14. Gebruik die “Memory Palace”-metode. Hier’s hoe dit werk” Teken vir jou ‘n huis/paleis op jou papier en visualiseer hoe dit lyk en wat in die vertrek is. Verbind nou dinge in jou huis met feite wat jy moet onthou.
  15. Wees kreatief met jou opsommings. Maak dit mooi om dit beter te onthou.
  16. Skryf uit wat jy moet onthou en lees dit hardop vir jouself – oor en oor.

BRONNE:

https://www.goconqr.com/en/examtime/blog/study-hacks/

https://www.oxford-royale.co.uk/articles/memory-tricks-exam-success.html

Send this to a friend