Kaasmuffin met eierverrassing

Maak interessante kaasmuffins!

4 porsies

Bestanddele

8 hardgekookte eiers
500 ml (2 k) meel
500 ml (2 k) gerasperde cheddarkaas
1 60 ml (2/3 k) gerasperde parmesaankaas
10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml (2 t) gedroogde pietersielie
10 ml (2 t) gemengde kruie
5 ml (1 t) knoffelsout
500 ml (2 k) melk
2 eiers

Metode

Stel oond op 180 ˚C.

  1. Haal doppe van eiers af en hou eenkant.
  2. Meng meel, kase, bakpoeier, kruie en sout goed saam.
  3. Klits melk en eiers met vurk en voeg by meelmengsel.
  4. Roer tot net gemeng. Moenie oormeng nie.
  5. Skep eetlepel vol van mengsel in gesmeerde muffinpan. Druk hardgekookte eier in middel en skep nog mengsel oor tot eier toe is.
  6. Bak vir 20 minute of tot gaar en goudbruin. Bedien warm.

Wenk

Bedien met gerasperde kaas, botter en Marmite

Send this to a friend