Voel jy oorweldig? | Vrouekeur

Voel jy oorweldig?

Raak dinge vir jou te veel en smag jy na ‘n rustiger, eenvoudiger lewe? Ons het 30 dinge opgespoor wat jou kan help

Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN

  1. Prioritiseer.
  2. Maak tyd vir jou geestesgesondheid – doen iets vir jouself.
  3. Kry ‘n dagboek en skryf alles neer.
  4. Maak vir minstens 10 minute per dag dinge netjies by jou lessenaar en huis.
  5. Gee jouself nou en dan ‘n dag af en ontspan.
  6. Maak jou werksruimte netjies as jy klaar is.
  7. Kyk minder TV.
  8. Kry ‘n begroting en betaal jou skuld af.
  9. Verminder klotter in jou huis. Gee weg en gooi weg wat jy nie gebruik nie.
  10. Sê meer gereeld nee.
  11. Elimineer toksiese mense uit jou lewe.
  12. Maak van jou huis ‘n plek waar jy kan rus en ontspan.
  13. Kuier saam met ‘n paar vriende.
  14. Kry ‘n stokperdjie.
  15. Bestee meer tyd in die natuur.
  16. Gesels met iemand oor dinge wat jou pla.
  17. Kry vir jouself ‘n oggendroetine.
  18. Lees dinge wat jou motiveer en inspireer.
  19.  Probeer elke dag ‘n bietjie fisieke aktiwiteit inkry.
  20. Doen eers die minder lekker take by die werk.
  21. Waardeer jou tyd en ander mense s’n.
  22. Pasop vir te veel negatiewe nuus. Skakel nou en dan net af.
  23. Ry stadiger of vroeër.
  24. Vra vir hulp as jy dit nodig het.
  25. Ontspan regtig voor jy gaan slaap.
  26. Moenie sosiale media ‘n uur voor jy opstaan en ‘n uur na jy opstaan, gebruik nie.
  27. Kyk na jou verwagtinge. Verwag jy te veel van jouself en ander mense.
  28. Sit soms net. Word stil. Hou stiltetyd of mediteer.
  29. As jy kwaad of moedeloos voel, gaan sit eenkant en dink oor wat gebeur en wat jy daaraan kan doen.
  30. Skaal af en verminder die dinge wat jou bedruk maak.

BRON: Scale it simple

Send this to a friend