10 redes hoekom jy 13 Oktober se Vrouekeur moet koop

Hierdie week se Vrouekeur is propvol lekkerlees-artikels! Hier is 10 redes hoekom jy 13 Oktober 2017 se Vrouekeur moet koop

1. Milan Murray is op die voorblad

Milan Murray speel in die nuwe kykNETreeks Waterfront en is ook later vanjaar in die rolprent Liewe Kersfeesvader te sien, maar dis haar eerste solovertoning op die verhoog wat haar broek laat bewe.

2. Dís hoekom mense tatoeëermerke kry

Tatoeëermerke is meer as net ’n statussimbool wat deur hardebaard-bikers, Gotiese aanhangers en heavy metal-sangers aangeskaf word. Maretha Botes kyk na die sielkunde agter ink op vel

3. Jou kind en disleksie – daar is hoop

Wat is die tekens en wat kan jy doen om die lewe vir jou kind makliker te maak? Ansja Ferreira stel ondersoek in

4. Dít moet jy weet van borskanker

’n Kenner praat oor verskeie aspekte van borskanker

5. Maak resepte met bone

’n Blikkie bone in die kas kan jou ver bring en ’n randrekker in tye van nood wees. Maak dié maklike resepte met geblikte bone

6. Bak petit fours

Dié Franse gunsteling neem baie tyd om te maak, maar die bewondering aan die teetafel is genoeg beloning vir jou harde werk

7. Besoek Lyon in Frankryk saam met ons

Lynné Schoeman was drie dae in Lyon, Frankryk, en het tussen apteekbesoeke deur die stad platgestap

8. Verf ’n kassie PIENK!

Wie gaan iets wil pienk verf, het Eldaleen Hugo gewonder? Totdat sy hierdie skakering gesien het – dit het haar hart gesteel

9. Brei ’n slangetjies-en-leertjies-mat

Dit is ’n tydrowende projek, maar jou kinders sal bly wees oor dié prettige mat

10. Daar is lekker blokraaie en stories om te lees!

Klik hier om in te teken op Vrouekeur.

Send this to a friend