10 redes hoekom jy 3 Augustus se Vrouekeur móét koop! | Vrouekeur

10 redes hoekom jy 3 Augustus se Vrouekeur móét koop!

Dié week se Vrouekeur is weer propvol lekkerleesartikels! Hier is 10 redes hoekom jy 3 Augustus 2018 se Vrouekeur moet koop!

  1. Franja du Plessis is op ons voorblad. Die skaam tienermeisie van As jy sing het in ’n talentvolle jong vrou ontluik
    wat weet waarheen sy op pad is. Loer ook hier na nóg foto’s van haar voorbladfotosessie.
  2. Ons gesels met Elizabeth Archer. Ons het haar as aktrise leer ken, maar sy is nou op haar gelukkigste waar sy agter die skerms woeker.
  3. My aaklige eks – ons  almal het al stories gehoor van hoe sleg ekse mekaar kan behandel. Carla van der Spuy vind meer uit
  4. Aftree op 65 is uit die oude doos – Hoe bly mens teen aftree-ouderdom nog relevant in die werksplek? Anne Marais vind uit
  5. Ons kyk na kanker en wat jy van jou kant af kan doen om kanker te bekamp
  6. Ons deel resepte vir bier-beesbredie, hoender-wellington, beetsop en geroosterde kekerertjie-en-blomkool-slaai.
  7. Bak ‘n pragtige pienk vonkelwynkoek!
  8. Reis saam na Hentiesbaai.
  9. Hekel ‘n treffende reghoeksjaal.
  10. Blokraaie, woordspel & sudoku!

 

 

Send this to a friend