Klassieke klanke: Bregenz se waterverhoog

Die opelug-teater in Bregenz

Ná Bizet se Carmen verlede jaar is dit Verdi se Rigoletto wat vanjaar gehore na Bregenz se beroemde waterverhoog gaan lok

Deur JOHAN MYBURG

Bregenz, die Oostenrykse stad aan die Bodenmeer (Lake Constance) naby die grens met Duitsland en Switserland, is die plek wat in 1946 sy eerste “opera op die water” aangebied het – as ’n kuur vir die swartgalligheid pas ná die Tweede Wêreldoorlog. Vandag, net meer as 70 jaar later, is die opera-aanbieding op die Bregenz-fees ’n hoogtepunt op die Europese somerfeeskalender. En die opera op die waterverhoog word steeds as die Bregenz-fees se grootste trekpleister gesien.

Omdat Bregenz net ná die oorlog nie ’n teater gehad het nie, is twee bote in die baai vasgemeer en is die een as verhoog en die ander as orkesbak gebruik. Die gehoor het op die oewer na die eerste aanbieding gesit en kyk: Mozart se vroeë opera Bastien et Bastienne. Intussen is ’n opelugteater met sitplek vir 7 000 mense teenoor die verhoog opgerig wat soos ’n eiland in die meer sit. Vanjaar is dit Giuseppe Verdi se Rigoletto wat gehore van heinde en ver na Bregenz se waterverhoog gaan trek. Die opera open die fees op 17 Julie en die laaste aanbieding is op die laaste dag van die fees, 18 Augustus.

In Vorarlberg, ’n dorp ’n paar kilometer van Bregenz, was dekorbouers tot onlangs besig om die stel vir dié voorstelling van Rigoletto te bou – dele daarvan so hoog as 14 meter. Met ’n staal- en houtstruktuur as skelet word die gesig van ’n nar, dié van Rigoletto, die hertog van Mantua se hofnar, en ’n paar hande wat sowat 12 meter hoog staan, van polistireen en fasade-pleister gemodelleer. Die kop weeg iets soos 35 ton en 12 ondernemings is gekontrakteer om aan dié Die dirigente voor die Weense Filharmonie in dié Verdi-meesterstuk met die bekende aria “La donna è mobile” in die derde bedryf, is Enrique Mazzola en Jordan de Souza. Die Bregenz-feeskoor en die Praagse Filharmonie-koor tree op en die hoofkarakters word vertolk deur Vladimir Stoyanov, Franco Vassallo en Scott Hendricks (Rigoletto); Ekaterina Sadovnikova, Hila Fahima en Mélissa Petit (Gilda); Pavel Valuzhin, Stephen Costello en Sergey Romanovsky (Il Duca di Mantova); Miklós Sebestyén en Goderdzi Janelidze (Sparafucile) en Katrin Wundsam en Rinat Shaham (Maddalena).

Die meer as 80 produksies op die Bregenz-fees lok jaarliks sowat 200 000 besoekers. Die James Bond-fliek van 2008, Quantum of Solace, het die fees aan ’n wyer gehoor bekendgestel. Verskeie tonele in dié fliek is op die fees geskiet toe Puccini se Tosca op die waterverhoog aangebied is. Vk aspek van die dekor te werk. Die verhoog met versterking en dekor weeg sowat 140 ton. Toe die program vir die fees in November verlede jaar aangekondig is, het Philipp Stölzl, regisseur en verhoogontwerper, laat val dat hy kinetiese beweging vir die stel in gedagte het.

Wat presies dié bewegende dele van die ontwerp gaan wees, word as verrassing gehou, hoewel daar aanduidings is dat die vingers van die linkerhand hidroulies sal kan beweeg. Volgens Stölzl is sy oogmerk om die kontras tussen skouspel en intieme drama uit te bring. Benewens die sirkusagtige feestelikhede in die hertog se woning en die nagtelike stormtoneel plaas hy ook besondere nadruk op kleiner tonele soos dié met Gilda en haar pa en Gilda en die hertog. As regisseur van produksies vir feeste soos dié in Salzburg, Wene, Berlyn en Dresden, het Stölzl naam gemaak met sy musiekvideo’s vir die Duitse groep Rammstein.

Send this to a friend