Groen pesto met pasta | Vrouekeur

Groen pesto met pasta

Het jy al ooit probeer om jou eie pesto te maak? Probeer ons maklike resep!

4 porsies

Pesto
50 g basiliekruidblare
30 g pietersielieblare
50 g dennepitte, liggies gerooster
2 ml (¼ t) fyn knoffel
25 g parmesaankaas
80 ml (1/3 k) olyfolie
sout en peper
Pasta
500 g (1 pak) linguine-pasta
200 g (1 pak) stukkies spek
200 g (1 houer) klein tamaties
60 ml (4 e) fyngerasperde parmesaankaas

Metode

  1. Pesto Gooi kruie, dennepitte, knoffel en kaas in voedselverwerker. Terwyl masjien klop, gooi olie by en verpulp tot glad. Geur met sout en peper.
  2. Pasta Kook pasta in borrelende soutwater tot net gaar, dreineer en hou eenkant.
  3. Braai spek tot bros, voeg tamaties by en braai tot effe gaar.
  4. Gooi pesto en pasta by en braai vinnig tot alles warm is.
  5. Bedien dadelik met parmesaankaas.

Wenk

Verdubbel die resep, bêre die oortollige pesto in ’n skoon glasbottel in die yskas en gebruik dit binne ’n week

Send this to a friend