Ribtjops met beet-en-ment-pesto | Vrouekeur

Ribtjops met beet-en-ment-pesto

Maak lekker ribtjops met beet-en-ment-pesto hierdie naweek!

4 porsies

Bestanddele

8 skaaptjops, bene skoongemaak
growwe sout
vars gemaalde peper
PESTO
300 g gaar beet
30 ml (2 e) vars ment
50 g (1 pakkie) vars basiliekruid
3 0 ml (2 e) kasjoeneute, liggies gerooster
5 ml (1 t) suurlemoensap
15 ml (2 e) olie
1 klein huisie knoffel
knypie fyn komyn
knypie fyn koljander

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Sprinkel tjops goed met sout en peper.
  2. Bak vir 10–15 minute vir medium gaar vleis.
  3. Pesto Verpulp alle bestanddele vir pesto en bedien saam met skaapribbetjie.

Send this to a friend