Marokkaanse skaap-en-appelkoos-tagine

Hoe lekker lyk hierdie Marokkaanse skaap-en-appelkoos-tagine nie?

4 porsies

Bestanddele

10 ml (2 t) fyn paprika
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) fyn koljander
knypie fyn kardemom
knypie brandrissievlokkies
1 suurlemoen se sap en skil
bietjie olie
600 g skaapvleis
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) fyn gemmer
30 ml (2 e) tamatiepasta
500 ml (2 k) beesaftreksel
30 ml (2 e) appelkooskonfyt
250 ml (1 k) gedroogde appelkose
handvol koljanderblare
100 g (1 pakkie) gekapte pistasieneute

Metode

  1. Meng speserye, suurlemoensap en -skil saam. Gooi genoeg olie by sodat pasta vorm. Laat skaapvleis vir minimum van 20 minute of oornag daarin marineer.
  2. Verhit olie en braai ui, knoffel en gemmer tot sag. Skep uit en hou eenkant.
  3. Gooi nog bietjie olie in pan en braai vleis tot goudbruin.
  4. Gooi tamatiepasta en aftreksel by vleis en laat stadig prut tot vleis sag is.
  5. Gooi appelkose, koljanderblare en gekapte pistasieneute by.
  6. Bedien met koeskoes.  

Send this to a friend