Broccoli-en-boontjieslaai met songedroogde tamatie- en-grasuie-slaaisous

Selfs wanneer jy pizza eet, kan jy nog iets vir jou gesondheid doen. Eet hierdie heerlike vars slaai saam met die focaccia as ‘n voorgereg of ‘n ligte ete.

Bestanddele

SLAAI
1 kop broccoli
20 groenboontjies
hande vol vars basiliekruid, kruisement en oreganum
120 g gemengde blaarslaai, waterkers en jong spinasieblare
SLAAISOUS
10 g grasuie
60 ml (¼ k) olyfolie
30 ml (2 e) suurlemoensap
6 songedroogde tamaties
5 ml (1 t) suiker

Metode

  1. Slaai Breek die broccoli in klein boompies. Bring water tot kookpunt in ‘n kastrol en kook dit vir 3 minute. Haal uit en spoel onder lopende koue water af. Doen dieselfde met die groenboontjies.
  2. Slaaisous Meng die grasuie en olyfolie in ‘n voedselverwerker. Gooi die mengsel deur ‘n fyn sif of moeseliendoek. Meng dit met die suurlemoensap, tamaties en suiker in ‘n voedselverwerker.
  3. Meng die groente, vars kruie en slaaiblare in ‘n slaaibak. Voeg net ‘n bietjie slaaisous voor opdiening by en meng dit deur. Sit die res van die slaaisous apart voor.

Send this to a friend