Sjokolade-haselneut-spiraalrolletjies

Shanaaz Parker is bekend vir haar kookboeke wat jou behoorlik op reis neem.

Deur Maryke Roberts.

Bestanddele

750 ml (3 k) koekmeel
5 ml (1 t) sout
125 ml (½ k) suiker
10 ml (2 t) droë kitsgis
125 ml (½ k) warm water
160 ml warm melk
40 g gesmelte botter
10 ml (2 t) gesmelte botter (ekstra)
80 ml Nutella
10 ml (2 t) suiker (ekstra)
5 ml (1 t) fyn kaneel

Metode

  1. Sif meel, sout en suiker saam. Voeg gis by en meng goed.
  2. Meng water, melk en botter saam, voeg by meelmengsel en meng tot sagte deeg.
  3. Plaas op ’n ferm oppervlak met meel bestrooi en knie tot elasties. Sit deeg in gesmeerde bak, bedek met kleefplastiek en los op warm plek om tot dubbel die volume te rys.
  4. Knie deeg af en vorm reghoek van 20 cm x 26 cm, vee ekstra botter daaroor en smeer dan Nutella oor, maar laat rand van 1 cm om kante, ongesmeer.
  5. Meng ekstra suiker met kaneel en sprinkel oor deeg. Rol van kort kant op, soos ’n konfytrol (Swiss roll).
  6. Besprinkel getande mes met meel en sny in 2 cm dik snye.
  7. Sit netjies op ’n gesmeerde bakplaat.
  8. Laat toe om tot twee maal sy grootte te rys en bak vir tien minute teen 190 °C. Verlaag hitte na 180 °C en bak vir verdere 25 minute.

Send this to a friend