Helder hoendernoedelsop

Hier is ’n lekker resep vir hoendernoedelsop

4 porsies

Bestanddele

bietjie olie
1 ui, gekap
2 wortels, in dun ringetjies gesny
2 selderystingels, gekap
5 ml (1 t) knoffel
1 lourierblaar
2 vars tiemietakkies
10 ml (2 t) Italiaanse kruie
1,5 l (6 k) hoenderaftreksel
3 hoenderborsies, in klein blokkies gesny
250 g (½ pakkie) eiernoedels
5 ml (1 t) suurlemoensap
sout en peper

Metode

  1. Verhit olie en braai ui tot sag.
  2. Gooi wortels, seldery en knoffel by. Braai vir twee minute.
  3. Gooi geurmiddels, aftreksel en hoender in kastrol. Laat kook tot hoender amper gaar is.
  4. Gooi eiernoedels by sopmengsel en laat kook tot sag. Gooi suurlemoensap by en geur met sout en peper.

Send this to a friend