Brei ’n helder somerserp

Met dié katoengaring en interessante patroon kan jy die mooiste, helder somperserpbrei

Deur CHRISTA SWANEPOEL

Moeilikheidsgraad: ***

Mate 130 cm lank x 16 cm breed (voor dit dubbeld gevou word)

Wat het jy nodig?

ELLE PREMIER COTTON DK in tien kleure van jou keuse 4 mm-breinaalde

Afkortings

aw – aweregs; gl – glip; r – regs; rs – reksteek

Wenke

  • Brei die serp so lank as wat jy wil – herhaal net kleure van voor af.
  • Gebruik kleure van jou keuse – vir die patroon is dit bloot A tot J gemerk u Hou draad aan agterkant as jy in RK-ry glip en aan voorkant as jy in VK-ry glip.
  • Jy werk aan die einde al die los drade aan die binnekant van die buis toe – jy het dus nie nodig om dit in te ryg nie.

Aanwysings

Met 4 mm-naalde en A stel 50 ste op en werk 2 rye rs. Gaan soos volg voort:
1ste ry: r.
2de ry: r2, (aw2, r6) tot einde.
3de ry: met B (r6, gl2) tot laaste 2 ste, r2.
4de ry: met B r2, (gl2, r2, aw2, r2) tot einde.
5de ry: met A r2, (gl2, r6) tot einde.
6de ry: met A (r2, aw2, r2, gl2), tot laaste 2 ste, r2. Rye 3 tot 6 vorm patroon. Herhaal 3de en 4de ry in B. Gaan dan soos volg voort in kleure soos volg: (ry 5–6 in C en ry 3–4 in B) 2 maal; (ry 5–6 in C en ry 3–4 in D) 2 maal; (ry 5–6 in E en ry 3–4 in D) 2 maal; (ry 5–6 in E en ry 3–4 in F) 2 maal; (ry 5–6 in A en ry 3–4 in F) 2 maal; (ry 5–6 in A en ry 3–4 in G) 2 maal; (ry 5–6 in H en ry 3–4 in G) 2 maal; (ry 5–6 in H en ry 3–4 in I) 2 maal; (ry 5–6 in J en ry 3–4 in I) 2 maal; (ry 5–6 in J en ry 3–4 in F) 2 maal; (ry 5–6 in C en ry 3–4 in F) 2 maal; (ry 5–6 in C en ry 3–4 in E) 2 maal; (ry 5–6 in G en ry 3–4 in E) 2 maal; (ry 5-6 in G en ry 3–4 in I) 2 maal; (ry 5–6 in A en ry 3–4 in I) 2 maal; (ry 5–6 in A) een maal. Herh van 3de ry af tot verlangde lengte. Eindig met 2 rye rs. Heg af met lang draad aan einde.

Om te voltooi

Ryg draad deur kort rand en trek styf. Vou serp in lengte in helfte met regte kante op mekaar en werk toe tot ander punt. Ryg draad oor kort rand, trek styf en werk vas. Maak tossels van al die kleure oor CDkassie, bind aan een kant vas en sny ander kant oop. Werk op punte van serp vas.

Send this to a friend