Aartappel-en-prei-sop

Sop is sinoniem met winter. Maak aartappel-en-prei-sop hierdie week

4 porsies

Bestanddele

30 ml (2 e) botter
250 ml (1 k) gekapte preie
5 ml (1 t) fyn knoffel
8 00 g aartappels, geskil en in blokke gekap
1,5 ℓ (6 k) hoenderaftreksel
125 ml (½ k) room
knypie neutmuskaat
sout en peper

Metode

  1. Smelt botter en braai preie en knoffel daarin tot sag.
  2. Gooi aartappels en aftreksel by preiemengsel en kook tot aartappels baie sag is.
  3. Gooi mengsel in voedselverwerker en verwerk tot glad.
  4. Gooi mengsel terug in kastrol en giet room by. Geur met neut, sout en peper. Laat kook.
  5. Bedien met broodblokkies of vars brood.

Send this to a friend