Franse uiesop

Het jy al ooit probeer om Franse uiesop te maak? Dis eintlik baie maklik!

4 porsies

Bestanddele

4 groot uie, in halfmaanringetjies gekap
125 ml (½ k) botter
5 ml (1 t) suiker
60 ml (¼ k) koekmeel
3 vars tiemietakkies
1 lourierblaar
1 ℓ (4 k) beesaftreksel
sout en peper
1 baguette
250 ml (1 k) gruyere of sterk wit cheddar

Metode

  1. Verhit botter en braai uie stadig daarin – ongeveer 20–30 minute. Uie moet diep karamelkleur hê.
  2. Gooi suiker, koekmeel en kruie by en roer goed.
  3. Roer aftreksel stadig by en roer goed. Geur met sout en peper. Bring tot kookpunt.
  4. Sny brood in 1 cm-skywe. Skep sop in sopbakkies, sit twee snye brood bo-op en sprinkel goed met kaas.
  5. Sit bakkies sop op bakplaat en plaas onder roosterelement tot kaas smelt en broodjies brosser word.

Send this to a friend