Hoender-en-groente-pakkies

Hoender-en-groente-pakkies

Hierdie hoender-en-groente-pakkies sal heerlik wees vir aandete!

Deur: Suzanne Crozier

4 porsies

Bestanddele

bietjie olie
sout en peper
80 g (1 pak) babaspinasie
½ botterskorsie, in dun skyfies gesny
4 hoenderborsies
7,5 ml (1½ t) Portugese speserye
16 kersietamaties, gehalveer
20 ml (4 t) botter
paar druppels suurlemoensap

Metode

Stel oond op 200 °C.

  1. Skeur vier groot stukke foelie af. Smeer middel liggies met olie en bestrooi met sout en peper.
  2. Deel spinasie en botterskorsie in vier dele en rangskik in middel van elke stuk foelie. Plaas hoender bo-op en sprinkel met speserye.
  3. Pak tamaties op hoender en breek stukkies botter bo-op. Drup ’n paar druppels suurlemoensap oor alles.
  4. Vou foelie bymekaar en maak goed toe sodat geen stoom ontsnap nie.
  5. Bak vir 30–40 minute of tot hoender gaar is.  

Send this to a friend