Tuna-smeltbroodjie

Tuna-smeltbroodjie

Maak hierdie lekker tuna-smeltbroodjie sommer vir middagete!

Bestanddele

4 porsies

bietjie olie 1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel
1 klein rooi soetrissie, fyngekap
2 stingels seldery, fyngekap
10 ml (2 t) Italiaanse kruie
3 blikke tuna, gedreineer
80 ml (1/3 k) mayonnaise
30 ml (2 e) room
30 ml (2 e) blatjang
1 baguette
250 ml (1 k) gerasperde kaas

Metode

  1. Verhit olie en braai ui en knoffel tot sag. Roer soetrissie en seldery by en braai effe.
  2. Roer kruie en tuna by uiemengsel. Haal van hitte af en laat effe afkoel.
  3. Roer mayonnaise, room en blatjang deur tunamengsel.
  4. Sny baguette bo-op oop. Haal bietjie van brood uit binnekant.
  5. Skep tunamengsel in brood in en sprinkel met kaas.
  6. Skakel roosterelement aan en plaas broodjie onder element tot goudbruin. Bedien dadelik met slaai.

Send this to a friend