Klapperstokvis met pynappelsalsa | Vrouekeur

Klapperstokvis met pynappelsalsa

Hier is ‘n lekker variasie van gewone stokvis!

4 porsies

Bestanddele

8 stokvisfilette
10 ml (2 t) visspeserye
125 ml (½ k) koekmeel
2 eiers, geklits
250 ml (1 k) klapper
bietjie olie vir braai
PYNAPPELSALSA
½ pynappel, in klein blokkies gesny
½ rooi ui, fyngesny
1 25 ml (½ k) vars koljanderblare, fyngekap
2,5 ml ½ t) fyn gedroogde brandrissie
15 ml (1 e) suurlemoensap
5 ml (1 t) olyfolie
sout en peper

Metode

  1. Haal vel van stokvis af terwyl dit nog gevries is en sprinkel vis met visspeserye.
  2. Rol vis in meel, geklitste eiers en dan klapper.
  3. Verhit bietjie olie en braai ongeveer vier minute aan elke kant tot vis gaar is. Hou warm.
  4. Pynappelsalsa Meng al die bestanddele in mengbak.
  5. Sit saam met vis en slaai of kapokaartappels voor.

Send this to a friend