Maklike biscotti | Vrouekeur

Maklike biscotti

Biscotti is Italiaanse beskuit en die woord beteken ‘twee keer gebak’. Tradisioneel doop die Italianers dit in soetwyn, maar ons doop dit in koffie soos beskuit

Maak 120 stukkies

Bestanddele

120 g botter
500 ml (2 k) suiker
10 ml (2 t) vanieljegeursel
6 eiers
1 500 ml (6 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
1 eier, geklits
60 ml (¼ k) strooisuiker

Maak ook lekker lemoen-en-bosbessiebiscotti

Metode

Verhit oond tot 180 °C en voer bakplate met waspapier uit.

  1. Room botter, suiker en vanieljegeursel en voeg dan ses eiers een vir een by.
  2. Vou droë bestanddele daarby in.
  3. Strooi werksoppervlak met meel en verdeel deeg in vier gelyke dele.
  4. Maak vier worse en plaas op bakplaat. Druk effe plat, verf met geklitste eier en strooi strooisuiker bo-oor.
  5. Bak vir 20 minute tot goudbruin en laat effe afkoel.
  6. Sny in diagonale skywe en pak terug op bakplate.
  7. Bak vir 15 minute aan een kant op 180 °C, haal uit oond en draai skywe om. Bak vir nog 15 minute aan ander
    kant.

Sjokolade Biscotti

125 ml (½ k) kakao
250 ml (1 k)
sjokoladesplinters

Vervang 125 ml koekmeel met 125 ml kakao in stap 2 en vou sjokoladesplinters by stap 2 in

Send this to a friend