Maklike pizza

Maak maklike pizza vir aandete!

4 porsies

Bestanddele

1 kop blomkool
1 eiergeel sout en peper
200 g (1 pakkie) stukkies spek
1 ui, in halfmaanringetjies gesny
80 ml (1/3 k) suikervrye tamatiepastasous
1 eiervrug, in ringetjies gesny
250 ml (1 k) gerasperde kaas
handvol vars basiliekruid

Metode

Stel oond op 180 ˚C.

  1. Rasper blomkool teen growwe kant van rasper.
  2. Kook in soutwater tot gaar, dreineer baie goed.
  3. Sit blomkool in kombuisdoek, vou toe en druk alle orige water uit.
  4. Meng blomkoolstukkies, eiergeel, sout en peper.
  5. Druk blomkoolmengsel plat op gesmeerde bakplaat. Bak vir 10 minute.
  6. Braai spek tot bros in bietjie klapperolie, skep uit en hou eenkant.
  7. Braai uie in dieselfde pan.
  8. Smeer tamatiepastasous op blomkoolbasis, gevolg deur ui en spek. sprinkel met gerasperde kaas.
  9. Bak vir 20 minute of tot kaas bros en gesmelt is. Bedien met handvol basiliekruidblare bo-op.

Send this to a friend