Vetkoek met kerriehoender

Maak lekker vetkoek met kerriehoender vir aandete

4 porsies

Bestanddele

1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
500 g hoendermaalvleis
10 ml (2 t) kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
15 ml (1 e) appelkooskonfyt
5 ml (1 t) suurlemoensap
250 ml (1 k) bevrore groente
bietjie water
1 pak gekoopte brooddeeg
olie vir diepvetbraai

Metode

  1.  Verhit olie en braai uie en knoffel tot sag.
  2. Gooi maalvleis by en braai tot bruin.
  3. Gooi kerriepoeier en borrie by en laat vir minuut braai.
  4. Gooi appelkooskonfyt, suurlemoensap, groente en water by. Laat deurkook tot groente warm is.
  5. Verdeel brooddeeg in 12 gelyke dele. Vorm deeg in bolletjies en druk effe platter.
  6. Braai in warm olie tot gaar en goudbruin. Hou warm in louoond.
  7. Bedien hoenderkerrie met vetkoek, gekapte tamaties en gesnyde piesang.

Send this to a friend