Panna cotta met aarbeie

Het jy al ooit panna cotta gemaak? Dis eintlik baie maklik!

Bestanddele

6 porsies

AARBEILAAG
80 g (1 pakkie) aarbeijellie
250 ml (1 k) kookwater
2 50 g (1 pakkie) vars aarbeie, gewas en gepuree
PANNA COTTA
500 ml (2 k) volroommelk
250 ml (1 k) dikroom
60 ml (4 e) suiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
15 ml (1 e) gelatien
45 ml (3 e) water
KOEKIELAAG
200 g (1 pakkie) Oreo-koekies
60 ml (4 e) gesmelte botter

Metode

  1. Aarbeilaag Maak aarbeijellie met kookwater aan en roer tot goed gemeng. Voeg aarbeipuree by en laat effens afkoel.
  2. Verdeel aarbeimengsel tussen agt klein bakkies. Plaas in yskas om te stol.
  3. Panna Cotta Verhit melk, room en suiker saam tot suiker opgelos is. Roer gereeld.
  4. Verwyder van hitte en roer vanieljegeursel by.
  5. Sprinkel gelatien oor water tot gespons. Roer gesponste gelatien by melkmengsel. Roer tot gelatien opgelos is.
  6. Laat melkmengsel heeltemal afkoel en verdeel tussen bakkies. Moenie tot bo volmaak nie. Plaas weer in yskas tot amper gestol, ongeveer 30 minute.
  7. Koekielaag Kap koekies in voedselverwerker fyn. Roer gesmelte botter by. Verdeel koekielaag tussen bakkies.
  8. Plaas oornag in yskas.
  9. Dompel bakkies in kookwater vir 5 sekondes sodat panna cotta’s kan loskom en keer op opdienbord uit.

Send this to a friend