Appel-en-sjokolade-koek in ringpan

Appels en sjokoladebrokkies maak hierdie dekadente ringkoek net die ding vir ’n koue dag  

1 koek

Bestanddele

645 ml (360 g) bruismeel
1,25 ml (½ t) sout
1 95 ml (180 g) botter, in blokkies gesny
225 ml (180 g) suiker
3 middelslag-appels, geskil en in blokkies gesny
270 g (375 ml) sjokoladebrokkies
2 groot eiers
135 ml melk
5 ml (1 t) vanielje
SOUS
1 blik gekookte kondensmelk
60 ml (¼ k) room

Metode

Verhit oond tot 180 °C, smeer ringpan met gesmelte botter en strooi met meel.

  1. Sif meel en sout saam en vryf botter by mengsel in.
  2. Gooi suiker, appelblokkies en sjokoladebrokkies by meelmengsel en meng.
  3. Klits eiers, melk en vanielje saam en meng by beslag.
  4. Skep beslag in ringpan en bak vir 1 uur tot goudbruin en gaar.
  5. Laat vir 10 minute in pan staan en keer op koekbord uit om verder af te koel.
  6. Sous Meng gekookte kondensmelk en room oor lae hitte tot glad en loperig.
  7. Verwyder van hitte en laat afkoel.
  8. Bedruip koek met sous.

Send this to a friend