Vinnige rysgereg | Vrouekeur

Vinnige rysgereg

Vinnige-rysgereg

Maak hierdie vinnige rysgereg vir aandete!

4–6 porsies

Bestanddele

olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel, gekap
600 g beesvleis, in repies gesny
5 ml (1 t) Italiaanse kruie
4 20 g (1 blik) Mediterreense tamatiesmoor
250 ml (1 k) bevrore ertjies
500 ml (2 k) bruinrys
1 (4 k) beesaftreksel

Maak ook ‘n hoendergereg met bruinrys

Metode

Stel oond op 180 °C

  1. Verhit olie en soteer uie en knoffel tot sag.
  2. Voeg repies vleis by en geur met kruie.
  3. Gooi tamaties, ertjies, rys en aftreksel by vleismengsel.
  4. Giet in oondbak, maak met foelie toe en bak vir 50-60 minute of tot rys gaar is. Gooi nog water of aftreksel by as rys nie gaar is nie en sit terug in oond.

Wenk

Jy kan enige bevrore groente gebruik

Send this to a friend