Hoekom ’n gap-jaar vir my gewerk het

gap_jaar

In die Vrouekeur van 17 Julie 2017 vertel ’n paar jongmense hoekom ’n gap-jaar vir hulle gewerk het. Hier is nog inligting

Joleze Erasmus

Joleze Erasmus (21) is tans ‘n vierde jaar LLB-student in Bloemfontein. Sy was in die begin van vanjaar in China.

“Ek wou nog altyd oorsee gaan en die wêreld uit ‘n ander hoek bekyk. Direk na skool (2013) wou ek graag in Amerika gaan au pair, want ek is baie lief vir kinders. Dit het nie uitgewerk nie en ek het met my studies by die Universiteit van die Vrystaat begin. Begin 2017 het ek die geleentheid gekry om in Beijiao, Guangzhou, China vir klein kinders Engels te kon gee.

Oorsee het ‘n mens vryheid om te reis, vryheid om te doen wat jy wil. Vryheid om ‘n keuse te maak sonder ‘n vangnet en vryheid om net jouself te wees. Dis interessant om die lewe by die huis van ver af te sien aangaan. Verjaardae kom en gaan. Die lewe stop nie en wag vir jou net omdat jy weg is nie. Die moeilikste deel van oorsee wees was vir my om groot geleenthede soos verjaarsdae, begrafnisse en ander belangrike dae nie met my geliefdes te kan deel nie.

LEES OOK: Daai jaar na matriek

My Wiskunde-vaardighede het baie vinnig verbeter, want ek moes aanmekaar uitwerk hoeveel ek spandeer. Ek het ook goed geraak met gebaretaal en lyftaal lees omdat taal soms ‘n groot probleem is. Dis ‘n ongelooflike adrenalieninspuiting om jou tas te pak, in ‘n vliegtuig te klim en na ‘n plek te reis waar jy niemand ken nie en nie eers dieselfde taal kan praat nie. …maar dit leer jou ook geduld. Om net kos te bestel of ‘n taxi te roep is nie maklik nie.

Ankia Lombard het dít geleer:

Ek werk nou beter met geld.

Voorheen sou ek links en regs geld uit gee maar omdat ek daar my eie goed moes koop en vir my eie entertainment betaal het, het ek die waarde van geld geleer. Ek het ook geleer hoe lekker dit is om jou eie geld te verdien en dan jou goed daarmee te koop want jy weet jyt gewerk daarvoor – jy kyk ook dan mooier na dit want jy weet die waarde en ure en werk wat daarin gegaan in in vergelyking as jou ma en pa vir jou iets koop want jy vra daarvoor.

Hou op lui wees jy is eintlik slim!

Ek was ‘n baie lui mens en ook nie skaam om dit te admit nie. Ek kon soveel beter en meer gedoen het as wat ek gedoen het as ek net besef het dit is nie so erg om hard te werk nie, ek dink die feit dat ek nie “rigting” gehad het nie dra by – daarom is ek so dankbaar vir die ervaring wat ek gehad het en so trots op waar ek nou is. Ek sou ook vir my matriek self sê dat jou geluk kom nie van jou vriende of kennise af nie, net jy kan jouself gelukkig maak. Don’t let others define who you are Jy is in staat tot soveel.

LEES OOK: Raad vir matrieks en almal wat stres ervaar

Volg jou drome, maak nie saak hoe scary dit is nie, jy sal nie ‘n dag spyt wees nie.

As dit nie uitwerk nie dan het jy daaruit geleer en weet hoe en wat om te doen wanneer jy opstaan vir die tweede keer om die droom waar te maak. Ek is nog ver van waar ek wil wees, maar ek weet ek sal daar kom want elke keer wanneer jy opstaan om weer te probeer is jy al ‘n stappie nader aan die einddoel. Moet ook nooit laat iemand vir jou sê jy kan dit nie doen nie, glo in jouself en doen dit. Doen dinge vir jouself, moenie ander mense heeltyd beïndruk nie, beïndruk jouself. Jy sal verbaas wees waartoe jy instaat is sodra jy in jouself begin glo.

Dit was vir my ‘n kultuurskok om weer huis toe te kom

Jy verander en groei so baie daar in die verte, want jy het nie veel van ‘n keuse nie.Die mense by die huis verwag dieselfde persoon wat hulle by die lughawe afgelaai het en wanneer jy terugkom is jy so ver van daai persoon af dat jy mense en ALLES by die huis of vriende is nog dieselfde. Dit kan baie frustrerend wees, want julle moet almal eers weer gewoond raak aan mekaar en mekaar soortvan weer leer ken. Ek het gevind dat ek meer homesick (vir Amerika) raak vandat ek terug is in Suid-Afrika as wat ek ooit in Amerika was. Ek dink dit is maar net omdat hulle my fisies gesien groei het en sulke groot rol in my lewe gespeel het, maar dit word beter of moet ek sê: jy word sterker en leer hoe om dit te hanteer.

 

Send this to a friend