Brei met ekstradik breidraad

As jy van dié ekstradik breidraad hou, kan jy in ’n ommesientjie ’n jakkie of kombersie brei

Moeilikheidsgraad: *

Wat het jy nodig?

  • Vir jakkie en mus 4 balle Kartopu Wool Decor (200 g) nr 1402
  • Vir kombersie 5 balle Kartopu Wool Decor Prints (200 g) nr D3161 20 mm-naalde

Grootte

  • Jakkie pas klein tot medium
  • Kombersie 80 cm x 80 cm

Wenke

  • Brei ’n paar kombersievierkante en werk dit aan mekaar vir ’n groter kombers.
  • Werk die voltooide jakkie en mus met dunner breidraad in bypassende kleur vas.
  • Omdat dit moeilik is om los ente weg te werk, knoop nuwe bal sodat jy ongeveer 10 cm se ente het en ryg dit aan die einde met die hand deur die steke.
  • ’n Alternatiewe manier om die balle breidraad te las, is om beide kante (laaste en nuwe bal) se breidraad te split en dit om mekaar te draai. Brei dan die dubbele breidraad versigtig in die werk in.

Afkortings

aw – aweregs; ks – koussteek (1ste ry: r. 2de ry: aw. Herh 1ste en 2de ry.); ms – mossteek (1ste ry: (r1, aw1) tot einde. 2de ry: aw die regs-steke soos dit voorkom en r die aweregssteke soos dit voorkom.); r – regs; ste – steke aanwysings

Agterpant

Stel 14 ste op en brei 2 rye ms. Gaan voort in ks tot werk 48 cm lank is (sowat 16 rye ks).
Mousgatvorming
Gaan voort in ks en heg 2 ste aan beg van vlg 2 rye af. 10 ste. Gaan voort in ks tot mousgat sowat 20 cm lank is (sowat 8 rye). Heg af. Linkervoorpa nt Stel 8 ste op en brei 2 rye ms.
Vlg ry: r6, ms2.
Vlg ry: ms2, aw6. Herh laaste 2 rye tot werk sowat 48 cm lank is, eindig met VK-ry (soos agtertpant tot by mousgat). Heg 2 ste af, pat tot einde. 6 ste. Pat 4 rye, eindig met RK-ry.
Vlg ry: heg 3 ste af, aw tot einde. Werk nog 3 rye in ks (tot so lank soos agterpant). Heg af. Regtervoorpa nt Brei soos linkervoorpant, maar spieëlbeeld daarvan. Om te voltooi Met regte kante opmekaar, werk skoueren synate toe.

Mus

Stel 14 ste op en werk 2 rye in ms. Werk 5 of 6 rye in ks. Knip draad lank af en ryg deur al die ste op die naald. Trek versigtig so styf as moontlik. Ryg met vinger deur een of twee steke om dit stewig te maak. Om te voltooi Met bypassende breidraad werk punt stewig vas en met regte kante opmekaar, werk musnaat toe.

Kombersie

Met 20 mm-naalde stel 25 ste lossies op. Werk sowat 24 rye (of tot breidraad byna op is). Heg af.  

Send this to a friend