Visfrikkadelle met avokadosous

Het jy al ooit probeer om visfrikkadelle te maak? Met ’n avokadosous is dit vreeslik lekker!

2 porsies

FRIKKADELLE
3 stokvisfilette, ontvel en ontvries
½ ui, gerasper
30 ml (2 e) gedroogde broodkrummels
5 ml (1 t) Marokkaanse speserymengsel
30 ml (2 e) gekapte koljander
1 eier
AVOKADOSOUS
2 avokado’s
45 ml (3 e) dubbeldik jogurt
2,5 ml (½ t) fyn knoffel
15 ml (1 e) suurlemoensap
skil van ½ suurlemoen
2,5 ml (½ t) fyn komyn
bietjie water

  1. Stel oond op 180 ˚C.
  2. Frikkadelle Plaas alle bestanddele vir frikkadelle in voedselverwerker en verpulp tot net fyn.
  3. Verdeel mengsel in ses gelyke dele en skep ses bolle op gesmeerde bakplaat uit.
  4. Bak frikkadelle vir 20 minute of tot helder sappe uitkom.
  5. Sous Verpulp alles saam tot glad. Gooi ’n bietjie water by om sous dunner te maak en geur met sout en peper.
  6. Bedien met pangebraaide murgpampoentjie- spaghetti of slaai.

Send this to a friend