BREI: ‘n Jas

brei_n_jas

Probeer gerus hierdie nuwe breidraad vir ’n spoggerige eindproduk

CHRISTA SWANEPOEL

BREI-INLIGTING

Die breidraad is duur, maar die geld werd.

Die baadjie is 90 cm lank, maar jy kan dit ook korter brei.

Jy kan die baadjie groter brei volgens jou mates (1 st = 1 cm). Meet hoe breed jy dit wil hê en sit daardie hoeveelheid steke op. Doen die hals- en skouervorming op dieselfde manier as onder aangedui.

BENODIGDHEDE

1 1 balle ELLE HELIX SERIOUSLY

CHUNKY (100 g)

10 mm-breinaalde

10 mm-hekelnaald

MATE

Pas medium tot groot

AFKORTINGS

aw – aweregs

kb – kortbeen

ks – koussteek (1ste ry: r. 2de ry: aw.)

r – regs

vmin – verminder

AANWYSINGS

Agterpant

Met 10 mm-naalde stel 48 ste op. Werk in ks tot agterpant 80 cm lank is, eindig met VK-ry.

Skouervorming

Heg 1 st aan die beg van vlg 4 rye af. Heg 3 ste aan beg van vlg 4 rye af. Heg 4 ste aan beg van vlg 2 rye af. Heg oorbl ste af.

Regtervoorpant

Stel 24 ste op. Werk in ks tot voorpant 50 cm lank is, eindig met VK-ry

Halsvorming

Vmin 1 st aan beg van vlg en elke alt 4de ry tot 12 ste oor is. Gaan voort sonder om te vorm tot voorpant 80 cm lank is, eindig aan skouerkant.

Skouervorming

Heg 1 st aan beg van 1ste en 3de ry af. Heg 3 ste af aan beg van 5de en 7de ry af. Heg 4 ste aan beg van 9de en 11de ry af. Aw 1 ry. Heg af.

Linkervoorpant

Voltooi soos regtervoorpant, maar spieëlbeeld daarvan.

OM TE VOLTOOI

Werk skouer- en synate toe tot ongeveer 28 van bo af vir mousgat (of so wyd soos verkies). Met RKV en 10 mm-hekelnaald, begin voor regs onder en maak ongeveer 56 kb eweredig teen voorste rand op tot op skouernaat, 18 kb oor nek agter en 56 kb teen ander voorrand af. Werk 4 rye kb om rand. Heg af. Heg draad aan onderkant van mousgat. Maak ongeveer 36 kb eweredig rondom mousgat. Werk 4 rye kb. Heg af. Maak werk klam, lê plat op handdoek neer en laat in son droog word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.

Send this to a friend