Ons het ‘n paar wenke vir jou gesoek om daardie belangrike orgaan gelukkig te hou!
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Eet kos so na aan die natuurlike vorm as moontlik.
- Drink baie water.
- Vermy verfynde koolhidrate,
- Vermy verfynde groente-olies.
- Sluit gereeld diereproteïene by jou dieet in.
- Pasop vir te veel alkohol en kafeïen.
- Laat jou toets vir insulienweerstandigheid en vir ‘n yster- en vitamien B12-tekort.
- Vind ‘n oefening wat jy geniet.
- Daag jou brein gereeld uit deur iets te lees of te probeer wat jy nie normaalweg sou doen nie. Probeer ‘n moeilike raaisel of ander “breingimnastiek”.
- Probeer om jou bloeddruk so laag as moontlik te hou. Oefen gereeld, eet gesond, werk aan jou stres …
- Bou sterk sosiale netwerke. Kuier gereeld met geliefdes en wees goed vir jouself
- Wees bewus van jou emosies. Mense wat angstig en uitgestres is, vaar slegter in kognitiewe toetse. Werk aan jou stres.