Is jou verhouding gesond?

Elke verhouding het grense nodig, maar is joune gesond? Toets jul verhouding aan die volgende punte

  • Jy kan vir jou maat nee sê sonder om skuldig te voel.
  • Jy kan sê wat jy wil in die verhouding en jou behoeftes mooi uitdruk.
  • Jy weet wat is goed vir jou en jou gesondheid en kan na jouself omsien.
  • Jy sê ja omdat jy wil en nie omdat jy moet nie.
  • Jy het jou eie waardes en leef jou beginsels uit.
  • Jy voel veilig om konflikpunte aan te raak en moeilike emosies te verbaliseer.
  • Jou maat ondersteun jou om jou doelwitte na te streef.
  • Jy word as ‘n gelyke in die verhouding behandel.
  • Jy neem verantwoordelikheid vir jou eie geluk en hoef nie verantwoordelikheid vir jou maat se geluk te neem nie.
  • Jy weet wie jy is, wat jy glo en wat jy in die lewe wil bereik.
  • Dis vir jou gemaklik en lekker om in jou maat se geselskap te wees.

BRON: www.sharonmartincounseling.com

Send this to a friend