Bly kreatief met dié 20 idees | Vrouekeur

Bly kreatief met dié 20 idees

Het jy jou muse verloor? Ons soek ‘n paar idees opgespoor om jou kreatiwiteit aan te wakker

Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN

  1. Laai Evernote op jou foon af en neem idees op soos wat dit in jou kop opkom.
  2. Hou notaboekies in jou motor, handsak en by die huis. Skryf dit dadelik neer as jou kreatiewe idee jou tref!
  3. Skep ‘n stelsel om jou idees te organiseer.
  4. Skryf die stories neer van waar jou beste idees kom.
  5. Daag jouself uit om vir sewe dae na mekaar met iets kreatiefs vorendag te kom.
  6. Kies ‘n lukrake idee en skryf of teken of skep iets om daardie idee of woord.
  7. Skryf tien oplossings vir ʼn idee neer.
  8. Skep iets in ‘n genre of styl wat jy nie noodwendig sou kies nie.
  9. Analiseer ‘n stuk werk wat jy bewonder en skryf neer waarom dit vir jou besonders is.
  10. Skep iets net omdat dit pret is.
  11. Organiseer jou werksruimte en maak jou ruimte mooi.
  12. Luister na musiek, lees iets of gaan kyk na iets wat jou inspireer.
  13. Skep gereeld nuwe dinge wat niemand hoef te sien nie.
  14. Bestee ‘n paar uur met jouself en ‘n notaboek en dink aan nuwe kreatiewe idees.
  15. Bestee ‘n kwartier per dag net aan nuwe idees.
  16. Kry genoeg rus.
  17. Dink aan iets of iemand wat jou inspireer.
  18. Hou op van perfeksie droom. Doen ook iets wat jy net geniet.
  19. Leer iets nuuts oor jou vakgebied.
  20. Ignoreer jou gewone rituele en roetine. Dink buite die boks.

Send this to a friend