Ontspan … die jaar is amper verby

Die slapies word al hoe minder voor Kersfees en dis dié tyd van die jaar wat ons terugkyk, maar ook moet begin afskaal en ontspan. Hier’s ‘n paar wenke om nou al rustiger te word

Deur ZERELDA ESTERHUIZEN

Kom uit jou roetine uit

Gaan ‘n bietjie oor ‘n naweek na ‘n Kersmark of gaan hou piekniek. Probeer om al in die vakansiegees te kom deur lekker dinge te doen.

Skakel af

Doen ‘n digitale detoks, probeer om minder aanlyn te gaan en meer te gesels.

Geniet die somer

Skop in die aand jou skoene uit en vat ‘n blaaskans deur ‘n bietjie buite te sit of om op ‘n kombers buite te lê.

Bestee tyd saam met jou mense

Speel ‘n paar speletjies saam met jou gesin en doen dinge saam.

Neem jou jaar in oënskou

Skryf in ‘n joernaal die hoogte- en laagtepunte van die jaar neer en besluit nou wat jy volgende jaar anders wil doen. Raak weer van voor af geïnspireerd.

Ontspan

Klink dit moeilik? Kry vir jou ‘n boek wat jy nog altyd wou lees, gaan fliek, gaan stap of slaap net.

Maak vakansielysies

Begin nou dink aan wat jy als die vakansie wil doen en waarheen jy wil gaan. Net om jou paklysie vir die vakansie neer te skryf, gaan al klaar jou bui lig. As jy nie weggaan nie, begin werk aan jou feestydlysie en leeslys.

Sê nee

Begin nou nee sê vir dinge wat jou energie tap. As jy nie krag het vir al die Kerspartytjies nie, sê nee.

Bring tyd buite deur

Gaan stap in die aand ná werk of staan vroeg op oor ‘n naweek en besoek ‘n botaniese tuin. Lees ‘n bietjie op oor besienswaardighede in jou omgewing.

BRONNE: www.melbournesocialco.com.au

Send this to a friend