Aartappel-roomgebak

Hierdie aartappel-roomgebak is ’n lekker bygereg!

4 porsies

Bestanddele

2 groot aartappels
5 ml (1 t) fyn knoffel
1 ui, in halfmaanringetjies gesny
5 ml (1 t) gekapte pietersielie
250 ml (1 k) room
250 ml (1 k) suurroom
sout en peper

Metode

Stel oond op 180 ˚C.

  1. Sny aartappels in dun skyfies.
  2. Pak laag aartappels met knoffel, uie en pietersielie. Herhaal tot aartappels op is.
  3. Meng room en suurroom saam en gooi oor aartappels.
  4. Geur met sout en peper.
  5. Bak vir 45 minute of tot aartappels sag is.

Send this to a friend