Banting: Saadbeskuit

Is jy op dié lae-koolhidraat-dieet? Maak hierdie lekker saadbeskuit!

ongeveer 24 stukke

Bestanddele

500 ml (2 k) amandelmeel
250 ml (1 k) klapper
1 25 ml (½ k) amandels, redelik fyngekap
125 ml (½ k) sonneblomsaad
80 ml papawersaad
80 ml sesamsaad
187 ml (¾ k) lynsaad (flaxseed)
187 ml (¾ k) poeierversoeter (xylitol)
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
250 g (½ blok) botter
250 ml (1 k) room
4 eiers

MAAK OOK: Banting: Brownies

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Meng amandelmeel, klapper, amandels, sonneblomsaad, papawersaad, sesamsaad, lynsaad, versoeter, bakpoeier en sout saam in mengbak.
  2. Smelt botter tot net gesmelt. Verwyder van hitte en roer room by. Klits eiers liggies en roer by bottermengsel.
  3. Giet mengsel by droë bestanddele en roer tot gemeng.
  4. Voer oondpan van 20 cm x 30 cm met bakpapier uit en smeer met botter of gebruik twee broodpanne van ongeveer 26 cm x 10 cm.
  5. Bak vir 25 minute of tot gaar. Laat goed afkoel in oondpan en sny in vingers.
  6. Haal beskuitvingers uit, pak op bakplate en droog vir ses uur of oornag teen 60–70 °C in oond uit.
  7. Berg in lugdigte houer.

Send this to a friend