
Dié krakerige eiervrugvingers is ‘n lekker vegetariese happie!
4 porsies
Bestanddele
3 eiervrugte 
5 ml (1 t) paprika 
knypie rooipeper 
125 ml (½ k) koekmeel 
1 eier 
30 ml (2 e) melk 
125 ml (½ k) growwe broodkrummels 
olie vir vlakbraai 
Metode
- 1Sny eiervrugte in 1 cm-stokkies.
- Meng speserye met koekmeel.
- Meng eier en melk.
- Doop stokkies in meelmengsel, dan in eiermengsel, gevolg deur krummelmengsel.
- Braai in warm olie tot bros. Dreineer op kombuispapier. Bedien dadelik.



