Spekwafels met soutkaramelsous

Bederf jou mense met lekker spekwafels met soutkaramelsous vir ontbyt

4 porsies

Bestanddele

250 g (1 pakkie) repiespek
435 ml (1¾ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
30 ml (2 e) suiker
2,5 ml (½ t) sout
4 eiers, geklits
135 ml (9 e) gesmelte botter
435 ml (1¾ k) melk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
KARAMELSTROOP
250 ml (1 k) suiker
125 ml (½ k) room
100 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap
5 ml (1 t) growwe sout

Metode

  1. Braai spek tot gaar en sag.
  2. Sif droë bestanddele saam. Hou eenkant.
  3. Klits eiers, botter, melk en vanielje saam en voeg by droë bestanddele.
  4. Roer tot middelslagdeeg vorm.
  5. Skep wafelpan vol mengsel en sit een repie spek bo-op. Maak wafelpan toe en bak tot gaar. Die spek moet bros word.
  6. Karamelstroop Laat suiker stadig smelt tot karamel vorm. Skakel plaat laer en gooi room by.
  7. Roer aanhoudend tot suiker oplos. Roer neute en sout by.
  8. Bedien saam met spekwafels.

Send this to a friend