Hekelblokkie 9 | Vrouekeur

Hekelblokkie 9

Hekel saam met Vrouekeur en Elle Yarns oulike hekelblokkies. Hier is hekelblokkie 9 se patroon

Click here for the English pattern

Klik hier vir hekelblokkie 8 se patroon

Belangrik

  • Tensy aanbevole breidraad gebruik word, kan SAPROTEX nie verantwoordelikheid vir die eindproduk aanvaar nie.
  • Weens beperkings in die drukproses word die kleurreproduksie so na aan die breidraad as moontlik weergegee.
  • Die aanwysings is slegs vir een grootte.

Wat het jy nodig?

ELLE FAMILY KNIT VINTAGE DK (100 g)

Kleur van jou keuse

Ons het ± 22 g Cameo 228 gebruik

4 mm-hekelnaald

Mate

± 27 cm x 27 cm

Spanning

Dis nie noodsaaklik nie, solank al die vierkante met dieselfde spanning gebrei word, behoort almal min of meer dieselfde grootte te wees.

Afkortings

alb – agterom-langbeen

beg – begin

dies – dieselfde

don – draad om naald

driesl – drieslagsteek

gs – glipsteek

herh – herhaal

hlb – halwe langbeen

ks – kettingsteek

ks-sp – kettingsteekspasie

lb(e) – langbeen (langbene)

rdte – rondte

st(e) – steek (steke)

tes – tesame

vg  – visgraatsteek

Spesiale steek

vg (visgraat) – don, steek hekelnaald in aangeduide steek, trek lus deur en trek deur eerste lus op hekelnaald, don en trek deur twee lusse op hekelnaald

Aanwysings

Met 4 mm-naald maak verstelbare ring (magic ring).

1ste rdte: 2 ks (= 1 hlb), 7 hlb in ring, gs in 2de ks aan beg = 8 hlb.
2de rdte: 2 ks (= 1 hlb), 1 hlb in selfde plek as gs, (2 ks, 2 hlb in vlg hlb) rondom, 2 ks, gs in 2de ks aan beg.
3de rdte: 1 kb in selfde plek as gs, 1 kb in vlg hlb, *(1 kb, 2 ks, 1 kb) in 2ks-sp, 1 kb in elk van vlg 2 hlb, hehr van * rondom, eindig met (1 kb, 2 ks, 1 kb) in laaste 2 ks-sp, gs in eerste kb.
4de rdte: gs in 2ks-sp, 3 ks (= 1 lb), 3 lb in selfde ks-sp, (4 ks, 4 lb in vlg 2ks-sp) rondom, 4 ks, gs in 3de ks aan beg en vlg lb.
5de rdte: *1 kb in sp tussen 2de en 3de lbe, 8 lb in 4ks-sp, herh van * rondom, gs in eerste kb.
6de rdte: 1 gs in elk van vlg 4 lb, *1kb in sp tussen 4de en 5de lbe, 5 ks, 1 lb in kb, 5 ks, herh van * rondom, gs in eerste kb.
7de rdte: *1 kb in elk van vlg 5 ks, 1 kb in agterste lus van lb, 1 kb in elk van vlg 5 ks, slaan vlg kb oor, hehr van * rondom, gs in eerste en vlg kb.
8ste rdte: 2 ks (= 1 vg), 1 vg in elk van vlg 8 kb, *2 ks, slaan 2 kb oor, 1 vg in elk van vlg 9 kb, herh van * rondom, 2 ks, gs in 2de ks aan beg.
9de rdte: gs in vlg vg, 2 ks (1 vg), 1 vg in elk van vlg 6 vg, *2 ks, (1 hlb, 2 ks, 1 hllb) in 2ks-sp, 2 ks, slaan 1 vg oor, 1 vg in elk van vlg 7 vg, herh van * rondom, eindig met 2 ks, (1 hlb, 2 ks, 1 hlb) in laaste 2ks-sp, 2 ks, gs in 2de ks aan beg.
10de rdte: gs in vlg vg, (2 ks = 1 vg), 1 vg in elk van vlg 4 vg, *2ks, 1 hlb in 2ks-sp, 2 ks, (1 hlb, 2 ks, 1 hlb) in vlg 2ks-sp, 2 ks, 1 hlb in vlg 2ks-sp, 2 ks**, slaan 1 vg oor, 1 vg in elk van vlg 5 vg, herh van * rondom, eindig by **, gs in 2de ks aan beg.
11de rdte: gs in vlg vg, 2 ks (= 1 vg), 1 vg in elk van vlg 2 vg, *(1 ks, 1 hlb in vlg 2ks-sp) twee keer, 1 ks, (1 hlb, 2 ks, 1 hlb) in vlg 2ks-sp,(1 ks, 1 hlb in vlg 2ks-sp) twee keer, 1 ks, 1 kb in eerste vg, 5 ks, 1 kb in laaste vg, (1 ks, 1 hlb in vlg 2ks-sp) twee keer, 1 ks, (1 hlb, 2 ks, 1 hlb) in vlg 2ks-sp, (1 ks, 1 hlb in vlg 2ks-sp) twee keer, 1 ks**, slaan 1 vg oor, 1 vg in elk van vlg 3 vg, herh van * rondom, eindig by **, gs in 2de ks aan beg.
12de rdte: 1 gs in elk van vlg 2 vg, *2 kb in elk van vlg 3 1ks-sp, 2 kb in vlg 2ks-sp, 2 kb in elk van vlg 2 1ks-sp, 9 lb in 5ks-sp, slaan vlg 1ks-sp oor, 2 kb in elk van vlg 2 1-ks-sp, 2 kb in vlg 2ks-sp, 2 kb in elk van vlg 3 1ks-sp **, slaan vlg vg oor, 1 vg in vlg vg, herh van * rondom, eindig by **, slaan gs aan bokant van 2 ks van vorige rdte oor, 1 hlb oor vlg ks, gs in kb aan beg.
13de rdte: 1 ks (nie ‘n st nie), 1 kb in selfde plek as gs, 1 kb in elk van vlg 7 kb, *2 ks, (1 lb in vlg lb, 1 ks) 8 keer, 1 lb in vlg lb, 2 ks, slaan 4 kb oor**, 1 kb in elk van vlg 17 ste, herh van * rondom, eindig by **, 1 kb in elk van vlg 9 ste, gs in kb aan beg.
14de rdte: 2ks (= 1 vg), 1 vg in elk van vlg 7 kb, *1 vg in 2ks-sp, (1 vg in vlg lb, 1 vg in 1 ks-sp) 4 keer, 3 vg in vlg lb, (1 vg in 1 ks-sp, 1 vg in vlg lb) 4 keer, 1 vg in 2ks-sp**, 1 vg in elk van vlg 17 kb, herh van * rondom, eindig by **, 1 vg in elk van vlg 9 kb, gs in 2de ks aan beg = 37 vg langs elke sy tussen hoek-ste. Heg af.

Om klaar te maak

Werk drade weg.

Blok vierkant, bedek met klam lap en laat om droog te word.

Send this to a friend