Broccoli-en-kaas-sop

Bestanddele

bietjie olie
2 uie, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
500 g (1 groot kop) broccoli, in blommetjies gebreek
750 ml (3 k) groenteaftreksel
187 ml (¾ k) melk
187 ml (¾ k) cheddarkaas, fyn gerasper
1 skyf fetakaas, gekrummel
knypie sout en peper

AFRONDING

2 skywe fetakaas, gekrummel
gemaalde swartpeper

Metod

1. Verhit olie en soteer uie en knoffel tot sag.
2. Voeg broccoli en aftreksel by. Plaas deksel op en laat prut oor meduim hitte vir 25 min.
3. Laat effens afkoel en verpulp in voedselver­werker tot glad.
4. Giet terug in kastrol en voeg melk en kase by. Geur met sout en peper na smaak. As sop te dik is, kan nog melk of bietjie water bygevoeg word.
5. Skep in bakkies.
6. Afronding: Krummel fetakaas bo-oor sop en rond met bietjie swartpeper af.

Send this to a friend