Broccoli-en-spek-roomsop

Die winter steek sy kop uit. Hou almal se magies warm met hierdie vinnige broccoli-en-spek-roomsop

4 porsies

Bestanddele

300 g broccoli
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) koekmeel
500 ml (2 k) groente-aftreksel
500 ml (2 k) melk
250 ml (1 k) room
200g (1 pakkie) spek, in stukkies, bros gebraai broodstokkies

Metode

  1. Maak broccoli in mikrogolf gaar.
  2. Braai ui en knoffel in bietjie olie tot sag. Smelt botter in dieselfde pan.
  3. Gooi koekmeel by en roer goed. Gooi aftreksel stadig by en roer aanhoudend sodat dit nie klonte vorm nie.
  4. Gooi melk, room en broccoli by. Laat kook tot verdik.
  5. Verpulp in voedselverwerker tot glad.
  6. Bedien in warm sopbakkies met stukkies spek en brood. 

Send this to a friend